17 Oct 2007

PEN Gholfdag

Die volgende het in my epos beland en ek het dit goed gedink om die inligting hier te blog vir al daardie gholf-liefhebbendes om die aksie te ondersteun!

PEN GHOLFDAG
2 NOVEMBER 2007
TE BRONKHORSTSPRUIT GHOLF KLUB

PEN (Pretoria Evangelisering en Nasorg), is 'n nie-winsgewende organisasie wat hom ten doel stel om die mens van die middestad in sy totaliteit te bedien. Die nood wat daagliks toeneem plaas al meer druk op ons hulpmiddels en fondse by PEN. Op aanvraag van verlede jaar se spelers reël ons dus weer ’n PEN Gholfdag! Kom speel saam en wen een van vele pryse! Op hierdie genotvolle wyse ondersteun u ook ons projekte. Dit is ook ’n heerlike manier vir ’n spanbou met u kollegas.
Datum: 2 November 2007
Plek: Bronkhorstspruit Gholfklub.
Tyd: Afslaan vanaf 10:30, (vanaf die 1ste en 10de putjies)
Spel Formaat: ”Individuele Punte Stableford”
Pryse: Daar is baie pryse en ook ‘n paar spesiale pryse op die volgende gate:Langste dryf : 18de putjie.Naaste aan die pen: 4de, 5de, 11de en 16de putjies

BORGE:
Stel u dalk belang om ’n putjie te borg? Om die alleenborg van ’n putjie te wees beloop die koste R1000.00. Dan mag u firma 4 spelers inskryf en kan u ook ’n advertensie van u firma by die betrokke putjie plaas. Twee firmas kan ook saam ’n putjie borg, die koste sal dan R500.00 per firma wees, 2 spelers kan ingeskryf word van elke firma en elke firma kan ’n advertensie by die betrokke putjie plaas. Indien u nie ’n putjie wil borg nie kan u moontlik ‘n prys, koeldrank of eetgoed borg, ons sal dit baie waardeer. Skakel Dirk Ganz tov die inskrywing en/of bespreking van spelers: 012 347 6732 of epos aan ganz(at)keeper.co.za.

No comments:

Post a Comment