Showing posts with label Central London. Show all posts
Showing posts with label Central London. Show all posts

30 Aug 2007

Piccadilly Circus at night...movie

At last! I tried three times to upload this movie and every time it was another 30 -40 minutes...or more...This was taken a couple of nights ago...the same night we had ribs at Garfunkel's! I'm still in the beginning of experimenting with my camera...so be aware, I'm no expert...but I think what I wanted to capture, looks great on here... and I was in a car...very disturbing...:)

River Thames

This was the second time we went on a trip on the River. From Westminster to Greenwich. This time we spent the time at Greenwich to have a snack and to shop around the Street Markets. We were surprised to find a stall that sells some nice Boerewors It is an English guy who sells sausages and meat from different countries and he's got a South African guy who supplies him with the South African "sausages"...which is called wors. He also sells biltongwhich, of course, we couldn't resist!

With our previous visit we visited the
Royal Observatory, but we were a bit late, but just in time to stand on the O-line (Greenwich Time-line) to take pictures! Before we visited the Observatory, we spent time at theCutty Sark





Meer Afrikaans.... Afrikaans continues

Die weer vandag is sommer nou weer die gewone Britse weer...bewolk...sommer 'n dik wolklaag. Weg is die heerlike sonskyn van die afgelope 3 dae. Hierdie somer is die weer baie snaaks. Verlede jaar het ons behoorlik uitgekook op sommige dae, regte Durban weer as dit so warm is. Baie vogtig en "sticky". Maar ek verkies die koeler weer, selfs in Suid-Afrika was ek versot op die reenerige dae...dan het ek meer energie. O ja! Ek het vandag ook my brief van Brunel gekry waarin hulle amptelik my verwelkom vir die volgende 9 maande se studie. Dit is om in IT...ons noem dit in die skole hier...ICT....te studeer. Dit klink nou baie geleerd, maar eintlik is dit nie. Dit is 'n PGCE...verdere studie. Ek het nie 'n eerste graad in ICT nie, maar al my ondervinding en "bewyse" wat ek voorgele het, het die dosent oortuig dat ek genoeg weet en genoeg praktiese ondervinding het om dit te doen. By die skool waar ek skoolgehou het, het hulle my as die "boffin" beskou en dit is eintlik maar net 'n goeie kennis van Office wat ek het, wat "hulle" veronderstel is om te he! Ek het ook vroeer die jaar 'n animasie-kursus gedoen wat baie pret was en ek het met my klas begin werk aan 'n projekkie wat hulle nogal geniet het, net jammer ons kon hom net 80% voltooi, toe's die jaar verby!

Ek skryf oor die skole/skoolhouery soos dit in my gedagtes opkom, dus, dit mag dalk bietjie deurmekaar wees, lees dit soos dit kom! Lees ook asseblief alle deeltekens en kappies in, ek probeer die Alt136/137 funksie, maar dit werk nie hier op my rekenaar nie...ek het Windows Vista en Office 2007, ek weet nie of dit die probleem is nie.

Gesondheid en Veiligheid
Die Britte is baie gesteld op hul "Gesondheid en Veiligheid" -wette en reels...As jy met 'n groep kinders op 'n uitstappie gaan, moet daar een volwassene per 10 kinders wees. Een van die volwassenes moet 'n Onderwyser ook wees, altyd. Hulle redeneer dat die Onnie die verantwoordelikheid neem in enige besluite wat gedoen moet word en jy is in beheer en jy is "opgelei" om in beheer te wees, dus, indien iets fout gaan, kan die blaam nie op die ander geplaas word nie. Die ander volwassenes is gewoonlik klasassistente.

Klasassistente
Dis nou 'n luukse hier in Engeland! Klasassistente! Eish....as ek die woord kan gebruik...as ons onnies in SA tog net ook so iets kon he! Die klasassistent het nie 'n graad nodig nie, hulle moet ten minste GCSE's he in Wiskunde en Wetenskap om een te kan wees...ja, sommige kinders slaag nie daardie vakke nie! Of hulle kry 'n F of 'n G en die vereiste is ten minste 'n C. Die klasassistent doen alles wat jy vir haar/hom vra. Gewoonlik is hulle vroulik, maar ek het al in skole afgelos waar daar mans is, dit is baie keer ouens wat soort van studeer en dan ook dit doen en die hoofde kry ook soms mans in skole waar hulle voel dat mans gaan saam met die Onderwyser die kinders kan beheer en hul gedrag help verbeter. Ek moet se, dat ek het slegs in een skool 'n man gekry as klasassistent. Klasassitente help ook kinders in groepe, jy as Onderwyser bespreek gewoonlik vooraf die les met die Klasassistent sodat sy presies weet wat jy gaan doen en waar jy wil he sy moet wees gedurende die sessie en wie sy moet help of watter groep sy moet help. In jou beplanning neem my haar in ag en dui jy ook aan waar sy elke dag gaan wees...bedoelende die groep wat sy gaan ondersteun. Soms het ek selfs haar na die Biblioteek gestuur (wat reg langs my was...later meer oor biblioteke hier!) om met 'n klein groepie in stilte te gaan sit en werk, dan is hulle meer gefokus. Klasassitente mag nooit alleen in die klas gelaat word met die kinders nie, hulle is nie Onnies nie.

Mis
Ek mis die heerlike gekuier van ons SA Onnies in die personeelkamer geweldig. Die mense hier weet nie hoe om te kuier nie. Tydens pouse en etenstyd is die personeelkamer verskriklik besig, maar meestal met klasassitente en allerhande ander personeel wat ook daar is en in-en-uit kom en gaan. Veral tydens pouse, daar sal die enkeles kom wat 'n geselsie maak en 'n grap of twee deel, maar ek is gewoond aan regtig kuier, soos 'n Suid-Afrikaner kan kuier! Groot gesels en grappe dat die trane rol! Die Britte is seker 'n bietjie "gereserveerd", dit weet ons almal, maar skool is skool en dis jou werkplek en jy wil tog gesels!

Skaak en sport
Ek was vreeslik terleurgesteld toe ons hier kom en ek besef dat in London se skole nie juis veel aangaan wat skaak aanbetref nie. Wel, dinge werk bietjie anders, maar nogtans. Nigel Short is die Britte se "groot meneer". Jy kom in skole en daar is hier en daar 'n skaakstel as jy vra of daar is stelle, maar van die stukke is weg. Ek het al by twee skole skaakklubs begin en die kinders wil dit baie graag speel. Sport in die skole hier is 'n groot grap. Daarby bedoel ek nou die sportdae wat die skool self reel! Dit is meer 'n boeresport! Dis 'n belewenis! Want...."health and safety" is die probleem.... Die kinders word blootgestel deur groepe mense wat van buite inkom en werksessies met hulle doen....ook as die skool besluit hulle wil sulke ouens betaal om dit te doen!! Dit gebeur nie in elke skool nie. My klas het die afgelope jaar 'n bietjie atletiek gedoen en later bietjie krieket. Die atletiek was 'n grap...jy sal dit nooit in SA so kry nie, ouers en onnies sal regtig in die gesit gevat voel as hulle kinders aan 'n Atletiek-werksessie deelneem en dit is wat my klas deurgegaan het, totaal 'n grap. Dis meer vir kleuters van 5 en my klas was kinders van 10/11, 'n gemengde klas.

Gemengde klas
In sekere skole is daar nie genoeg kinders van dieselfde ouderdomsgroep om nog 'n soliede klas op te maak nie, daarom kry jy dan gemengde klasse. Hulle plaas gewoonlik die sterker kinders van die een groep met die ouer groep kinders. Skole wat dit doen, volg 'n JaarA en JaarB kurrikulum. In Jaar A dek hulle die een jaargroep se werk en JaarB die ander jaargroep. Die kinders mis dan nie regtig uit op wat hulle veronderstel was om te leer nie.

Later meer....!
Terloops...op my blog is daar links waar daar foto's is van wat my kinders gedoen het...HMS Belfast is bv een projek. Daar is kuns. As jy in die "search" boks bo-aan die bladsy sleutelwoorde intik soos: primary, art, school, education, teaching, HMS Belfast.....behoort jy dit te kry!

29 Aug 2007

Afrikaans vandag...only Afrikaans

Vandag wy ek bietjie aan my moedertaal. Dis gaan sommer net lekker wees om in Afrikaans hier te gesels...dan gaan ek julle bietjie meer vertel oor skole/skoolhou hier in London.

Eerstens sal mens kan se (lees asseblief die kappies en deeltekens in! Ek probeer hulle hier vind, maar net 'n musieknootjie kom op...of my boodskap raak net weg! :)
ja...enige persoon sal dit se van enige vreemde land..."dit is net nie soos ons gewoond is nie"...of..."dit is anders".... veral die kinders se gedrag in die skole. Maar, mens raak dit gewoond en jy leef daarmee saam. Jy begin "deel" word daarvan, jy "blend" in, nie dat jy nou ook soos hulle word nie. Daarmee bedoel ek dat jy dit hanteer en deel daarmee.
Beide ek en my man hou hier skool, hy in die Senior skool (gebruik die benaming vir die deelteken-probleem...) dis nou soos gr8-12 in SA. Ek is Laerskool. Ons geniet dit altwee. Dit was maar 'n rowwe aanpassing in die begin, maar jy pas gou aan en gaan met die stroom. Sy vakgebied is "Design and Technology" en hy is ook nou Departementshoof waar hy is. Ek het baie Aflos gedoen, jy word deur die agente elke dag na 'n ander skool gestuur en so het ek London redelik goed leer ken. Ek sal dit nooit waag om in Johannesburg rond te ry nie, ek wil nie eers naby die plek kom nie! Maar hier in London is dit net baie maklik om jou weg te vind as jy net eers 'n idee het waar is watter area. Jy kan my nou toe oe (deelteken!) aflaai en ek sal binne 5 min my weg vind. Die vervoerstelsel is baie goed, as jy net naby enige stasie is wat jy ken....is dit geen probleem! Ek het nog nooit verdwaal nie, dit moet ek eerlik se (kappie). Daar is somtyds oponthoudheid op die treine, maar dit gebeur nie elke dag nie, maar dit kan 'n groot pyn wees wanneer dit gebeur! Met die bomme wat afgegaan het in Julie 2005 was ek net vroeer (deelteken asb!) daardie oggend by een punt verby....wat 'n verligting!

In die skole self is die kinders se gedrag wissellend, dit hang af in watter area jy is. In sentraal-London is daar maar areas wat nie te "goed" is nie, veral in die omgewing waar ek nou byna twee jaar lank skoolgehou het. Die skole doen baie om kinders se gedrag te verbeter. Die probleem in die skole is dat die kinders kan dit net nie verdra dat daar 'n aflosonnie hulle die dag moet onderrig nie, hulle gedra hulle uiters swak. Hulle gaan soms uit hulle pad uit om hulle ekstra swak te gedra om die dag ondraaglik te maak. My eie klas het kinders gehad wat hulle redelik goed gedra het en op dae wat ek met 'n kursus was en iemand anders dan moes kom klas gee, het van hulle hulle ook maar "anders" gedra. Ek het die swak gedrag gewoonlik opgevolg en hulle se (kappie) dan net vir jou dat hulle nie gehou het van daardie onderwyser nie! Of hulle diep allerhande verskonings uit vir hul swak gedrag....bv die Onnie het hulle nie goed behandel nie....Dit maak mens lam...hulle aanvaar nie die ander wat kom aflos nie, dis 'n pyn. Gelukkig, as jy nie baie op kursus gaan nie, of uit die klas moet wees nie, dan is hulle meer "gekalmeerd"...of soos die Engelse sal se (kappie)..."settled"...
Ek het in baie swak skole gekom, in skole waar die kinders groter en langer as ek is! Ek is 1.7m, dus is ek nie te kort nie...nou vat nou 11jarige kinders waarvoor jy moet opkyk om hulle in die oe te kyk!

Die kurrikulum..... dieselfde as wat ons in Suid-Afrika doen! GEEN verskil. In die Laerskole moet die onnies ALLE vakke gee, daar is nie so 'n ding dat die kinders wissel nie...glad nie....dus, jy gee van Musiek tot Wetenskap...alles...en die Laerskole gaan tot Jaar6 en die kinders is dan almal 11jaar oud wanneer hulle klaar is met Laerskool! O ja, vir die wat nog nie weet nie, die akademiese jaar hier begin in September en eindig in Julie...

Hier is drie termyne...hulle word na die Seisoene vernoem...die eerte is Herfs/Lente/Somer.
Die eerste termyn eindig gewoonlik so 3 dae voor Kersfees! Dan is daar slegs 2 weke vakansie. Dan is April die volgende vakansie. In die middel van elke termyn is daar 'n breuk en dit is een week wat hulle "half term" noem. Dit gee jou so 'n kansie om na jou asem te snak voor jy weer aangaan...

In die Hoerskole (deelteken) kies die kinders vakke aan die einde van Jaar9 vir die volgende 2 jaar. Dan is hulle klaar met GCSE wat soos ons ou standerd 8 is. Dan kies hulle weer vakke vir die volgende twee jaar...dis nou AS hulle aangaan met A-level. Meeste van hulle gaan nie aan nie, dis nogal skokkend. Wiskunde en Wetenskap is verpligtend vir almal tot aan die einde van hulle Jaar11-jaar, dis nou wanneer hulle klaar is met GCSE. GCSE is vir hulle 'n baie groot ding hier in Engeland, dis soos matriek in SA, die kinders kry hul uitslae by die skole en oor die uitslae word daar ook baie in die koerante gese (kappie).

Die kinders in die Laerskool skryf ook 'n gestandaardiseerde eksamen in Jaar6 en dan weer in Jaar9. Hulle het dit vir Jaar2's ook, maar dit lyk my hulle wil wegdoen daarmee. Die uitslae van die toetse is vir die skole baie, baie belangrik. Basies kyk die Plaaslike Departement en almal....daarna en "beoordeel" die skole dan. Kritiseer is seker 'n beter woord. Veral wanneer daar inspeksie is, wat ten minste 1 keer elke 4 jaar moet gebeur....Sommige skole word dan in "Special Measures" gesit indien hulle nie "presteer" nie. Dan kry hulle sommer inspeksie elke termyn deur die Plaaslike Opvoedkundige Departement....of die Plaaslike Streeksowerheid...as mens dit so kan vertaal. Hulle is dan baie streng op daardie skole en in ernstige gevalle sluit hulle summier die skool en begin 'n "nuwe" skool, kry 'n nuwe hoof en personeel en gee die skool ook 'n ander naam! Ja, hulle doen dit! Dan moet jy weet dat die onderwys daar was regtig nou pateties of dat die kinders se gedrag uiters onhanteerbaar geword het, soveel so dat die onnies nie behoorlik kan skoolhou nie.

Ek gaan nou eers 'n breuk vat en sal later julle verder opdateer.

7 Jul 2007

Barons Court

This is Earl's Court Station...Earl!




Barons Court Station....think the Baron will like to stop here next year when coming to London, to have a drink at a pub! ....should tell him about this station...! This station is just before Earl's Court! Think the Earl would like the name of that station! He and the Baron might like to travel together on the Piccadilly line from Heathrow! :))




River Thames

See my other pictures of the Thames here and enjoy the beautiful sunset pics on the river!












29 Jun 2007

Art in the Park

Children's clay buildings and plates about buildings in our area. That was on display in Pottersfield Park. After the display, there was a little programme about being "green"....that's the "face" at the bottom.....a funny programme...







21 Jun 2007

Bermondsey, London






This is Bermondsey Road in Bermondsey...London....On the first picture, the building painted in orange/pink, is the Textile museum....and on the 4th picture, you can see the Bermondsey Bridge.