22 Jan 2010

SA Juniors 2009

South African Junior Chess Championships 2009 - December 2009.
Hierdie verslaggie is saamgestel deur Connie, een van my mede-skaakspelers op chess.com. Connie se twee dogtertjies speel skaak - sien hulle op die foto met Melissa Greeff, Suid-Afrika se eie Woman Grandmaster. Melissa het onlangs - soos in Junie 2009, haar titel gekry. Die Junior Skaakkampioenskappe het Desember plaasgevind en Connie se tweeling het deelgeneem en hy het die volgende verslag saamgestel en die foto's geneem. Dankie, Connie, jy's 'n ou doring! 'n Staatmaker, want soos jyself se, dit was ook nie eens in die koerante nie...ai, ai, ai, Suid-Afrika! Baie geluk aan Connie en die twee dogters met hulle puik prestasie!
Ja, waar sal ek begin. Dit was in die 1ste plek glad nie ‘n vakansie by die see nie. Voel eerder of ek terug by die huis is om te rus. Dit was baie oorweldigend vir my, so ek kan net dink hoe dit vir die kleintjies moes voel. Daar was by die span kampioenskappe +- 1800 spelers en by die individuals 900-1000. Die eerste 3 dae met die spanne was ‘n nagmerrie. Dit was eens te veel vir diekleintjies en vir die pa.. Baie van die o/8’s van die verskillende unies het meer gehuil as skaak gespeel want die druk was net te veel. My 2 het in die onmoontlikste drakies verander wat net wou huil en baklei. Die kompetisie was baie sterk en die deel van die toernooi het uit 5 rondes bestaan. Marelize het 4 van haar 5 en Bernize 3 van haar 5 gewen. Ek weet nie presies waar die span geeindig het nie maar vermoed dit was maar hier by 15/20. Eerste was Noordwes A en 2de Gauteng Wes A.

By die individuals het die senuwees begin kalmeer en dit het beter gegaan met die emosies. Ongelukkig is die o/8’s en o/10’s saam gegooi vir die pairing alhoewel die results gesplit is. Bernize was heel tyd no 1 tussen die 0/8’s tot en met ronde 6 (9rondtes in die deel van die toernooi) Haar laaste 3 het sy verloor, want sy was gepair teen van die beste 0/10’s en het toe 5de geeindig. Marelize het 10de geeindig. Eintlik dink ek sy het baie onder haar potensiaal gespeel en dink ek dit was maar ‘n geval dat die toernooi te lank geword het vir haar. Die 2 is ook met die 2de ronde gepair om teen mekaar te speel wat toe geeindig het op ‘n draw

By die prys uitdeling was daar ‘n paar grootname in SA skaak.   Laura Irwin het nou in Januarie glo 2de gekom in Egipte in ‘n Toernooi. David Gluckman, IM van Westelike provinsie. Sy kinders speel ook skaak en ek was nogal heel trots toe Bernize sy seun , Paul, (Bord 1 van WP o/8 A span ) gewen het in die span toernooi. Nicholas van der Nat van Gauteng South. Hy is tans SA geslote Kampioen. Op die onderste foto ontvang Melissa 'n trofee van Advocate Lyndon Bouah, Visie president van Chessa. Die trofee was vir die beste prestasie nasionaal en Internasionaal. Ongelukkig was daar nie eens iets in die media oor die hele toernooi nie. Nie eens ‘n koerantberig nie. Om vir Melissa te ontmoet was natuurlik die hoogtepunt veral toe sy ingestem het vir ‘n foto saam met my 2 en hulle maatjie Jessica. Nou wag ons net om te hoor wie word uitgenooi na die geslote kampioenskappe waaruit die Springbokspan gekies word.



Follow THIS LINK to see more pics of tournaments played on the site of the Northern Cape Province.

No comments:

Post a Comment