30 Jun 2007

Heerlike Suid-Afrikaanse resepte

English readers, please follow the first two links given here….Hierdie resepte het ek via email ontvang. Ek het geen idee wie om erkenning te gee vir dit nie. Dit is ‘n lywige Word dokument en geen aanduiding vanuit watter boek/persoon die resepte kom nie. Die persoon wie dit aangestuur het, het dit ook weer van ‘n ander persoon gekry. Enige persoon wat weet waar die resepte vandaan kom, laat my weet sodat ek kan erkenning gee! Intussen, geniet wat jy hier kry!


On the next two links, you will find recipes in English. The links will open in a new window.
http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/26/south-african-recipes/


http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/09/25/karringmelk-beskuit/
Recipes on the next link is only in Afrikaans...tons of it.

http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/06/30/heerlike-suid-afrikaanse-resepte/

PANNEKOEK BY DIE GROOT MAAT (lewer 120 pannekoeke) Ster resep!
16 k koekmeel

125 ml wit suiker
80 ml bakpoeier

20 ml sout
12 eiers

4 k (1 liter) kookolie
250 ml asyn

18 k water
kaneelsuiker

Sif meel en meng dit deeglik met suiker. Voeg bakpoeier en sout by die meelmengsel en meng goed. Klits eiers en voeg die olie, asyn en ‘n bietjie water daarby. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en roer. Voeg die water bietjies-bietjies by en klits die mengsel deurentyd tot so dik soos room en sonder klonte is.

Verhit olie in pan, gooi uit (hierna word nie weer olie in pan gegooi nie) en bak die pannekoek. Sit die pannekoek voor met kaneelsuiker of bêre en verhit oor ‘n kastrol met kokende water. (Die pannekoek word nie taai nie.)

KERRIE-EN-RYS (100 porsies)
24 medium uie, geskil en gekap

9 knoffelhuisies, geskil en gekap
190 ml sonneblomolie

20 wortels, geskil en in blokkies
25 aartappels, geskil en in blokkies

3 soetrissies, gekap
12,5 kg vleis, in blokkies

5 k sultanas
90 ml matige kerriepoeier

80 ml borrie
15 ml fyn koljander swartpeperkorrels
kruienaeltjies lourierblare
150 ml asyn

115 ml wit suiker
90 ml fyn appelkooskonfyt

100 ml sout
115 ml tamatiepure

62,5 ml mielieblom
37,5 ml Worcestersous

125 ml blatjang
vleisaftreksel

30 k water om rys in te kook (sout)
13 k rou rys

Soteer uie en knoffel in olie in groot swaarboomkastrol. Voeg die wortel en aartappelblokkies asook die gekapte soetrissies by en braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis vinnig in dieselfde kastrol.

Meng kerriepoeier, borrie, koljander, swartpeperkorrels, naeltjies en lourierblare, roer by die vleis en braai ‘n minuut lank.

Meng asyn, suiker en appelkooskonfyt, sout, tamatiepuree, mielieblom, Worcestersous en blatjang tot ‘n pasta. Voeg die pasta saam met die gebraaide groente- en vleismengsel en sultanas in die kastrol. Voeg vleisaftreksel by soos nodig en prut tot gaar. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand.

Kook die rys in die water waarby sout na smaak bygevoeg is.
Wenk: Vergroot die resep deur ‘n groot, ryp boerpampoen sag te kook, deur ‘n sif te druk, en saam met ses gerasperde Granny Smith-appels en 10 fyngedrukte ryp piesangs by die mengsel te voeg.
VLEISROLLETJIES (Ongeveer 150)
Vulsel:5 aartappels 5 uie
2,5 kg maalvleis sout, peper, tiemie
neutmuskaat

Kors:8 k meelblom

5 ml kremetart
10 ml sout

980 g botter/margarien
4 eiers, geskei

25 ml suurlemoensap
ongeveer 200 ml yskoue water

Kook die aartappels sag, trek die skille af en druk fyn – hou eenkant.
Braai gekapte uie tot dit deurskyn en voeg die maalvleis by. Braai die vleis tot gaar en roer deurentyd. Geur die vleismengsel met sout, peper, tiemie en neutmuskaat na smaak en bind dit met die gaar, fyngedrukte aartappels. Laat die vulsel afkoel en vorm worsies van ongeveer 30 cm lank. Verhit die oond tot 200ºC en smeer bakplate.
Kors: Sif meel, sout en kremetart saam. Rasper die botter by die meelmengsel en vryf dit liggies tot krummelrig. Klits eiergele liggies en meng met yskoue water en suurlemoensap. Voeg eiermengsel by meelmengsel en meng tot ‘n hanteerbare deeg. Strooi koekmeel op werkvlak en rol deeg dun daarop uit. Sny deeg in stroke van ongeveer 13 x 30 cm. Sit vleisworsie in die lengte op elke strook, smeer een kant van deeg met geklitste eierwit en vou die ander kant oor. Druk goed vas en sny worsies van ongeveer 6 cm lank.
Verf eierwit op elke rolletjie en bak dit ongeveer 20 minute lank tot goudbruin. Pak op draadrak om af te koel.
Vir 30 rolletjies:Vulsel: 2 aartappels

Kors:
4 k meel
2 uie, geskil + gekap

2,5 ml kremetart
500 g maalvleis

5 ml sout
sout, peper, tiemie,

480 g botter/margarien
fyn neutmuskaat

2 eiers, geskei
12,5 ml suurlemoensap
Volg metode soos bo.
ongeveer 100 ml yskoue water

http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2007/06/30/heerlike-suid-afrikaanse-resepte/


Volg hierdie link vir nog meer! Die link sal in 'n nuwe venster oopmaak en is op my Wordpress-blog.

No comments:

Post a Comment