7 Oct 2007

Sunday's mood

As hierdie kunswerk kon praat, dan sou hy presies gese het hoe ek voel....

Die Nieu Seelanders het ook verloor...!! Kan jy nou meer...ek het sowaar gedink hulle gaan die beker wen hierdie jaar...nou toe nou!! En die Australiers! Maar ek het nie veel van hulle verwag nie, meer van Nieu Seeland...maar wie weet wat gebeur in die sport...een dag sus en die volgende dag so...ek het baie hoop vir Suid-Afrika, maar Engeland moet nou net die haantjie begin raak nie! Een Nieu Seelander op die skaakwebsite het gese dat, as Nieu Seeland gaan verloor, gaan daar weer honderde ouens emmigreer! Kan jy glo....hyself het die vorige keer ge-emmigreer toe hulle verloor het! Wat! Kan jy glo dat 'n sport mense so beinvloed. Wat my sommer die hoenders in maak is hierdie Amerikaners. Hulle nasionale span speel hulle harte uit en ek hou nogal van hulle, hulle het meer woema as die Engelse gehad en dat hulle geen dooie woord op hulle nasionale TV se van hulle rugby-span se resultate nie! Ek weet hulle is nie 'n rugby-"land" nie, maar nogtans! Hoe moet die arme manne voel, gee alles vir hulle land, speel hard en end-uit, en wat kry hulle! Nie eers 'n "mooi ouens, julle het darem probeer nie"...kom laat ek dit daar los.

Ons het gisteraand die dvd gekyk wat ek so 'n paar dae terug geblok het..."Life is Beautiful"...dit was nogal 'n goeie storie, bietjie hartseer! Dit gaan oor die Jode en die Nazi's. Die gaskamers...ens...die arme pa wat so positief bly en dit als vir sy seuntjie. Dan het ek nou 'n boek hier gekry wat ek vir £1 van Amerika af bestel het. Die titel is..."The adventures of the reluctant Messiah"..deur Richard Bach. Richard Bach is nou regtig een van my gunstelinge sedert ek "Jonathan Livingstone Seagull" in Suid-Afrika gekoop en gelees het. Ek het die boek hier in London weer raakgeloop, weer gekoop en weer gelees...dis net een van daardie boeke! Ek sit nou met drie boeke wat ek gelyktydig probeer lees. Genade, ek kry nie eers een gelees nie...het nou 'n so 'n hoofstuk in elkeen gelees...'n skaakspeler het die "reluctant" een aanbeveel...ek het nou omtrent 4 ander boeke van Richard Bach gelees..."One"..."Bridge across forever"...kan nie nou eers aan die ander dink nie, sal hulle nadersleep en hulle blog...maar almal regtig baie goed. "One" gaan meer oor hoe hy sy vrou ontmoet het, nie 'n suiwer liefdesverhaal nie, maar byna. Hy was van beroep 'n vlieenier gewees en daarom draai al sy boeke om vliegtuie en vliegritte ens. ~As jy enigsins kan, kry die Jonathan Livingstone Seagull boek, dis uit en uit die moeite werd om hom te lees, ek sal hom baie beslis weer lees.


No comments:

Post a Comment