2 Oct 2007

Life is Beautiful


I've ordered the dvd Live is Beautiful from Amazon as one chess player recommended it and said it is a good movie. He is an English player (and teacher) and has just met a South African teacher, and she's teaching at his school too.....and he's on cloud 9! I can't wait to hear the next bit of news when he makes his moves on the chess site!! hahaha...
Hierdie Britse onnie het dit hoog deur met die Suid-Afrikaanse onderwyseres...ek lag baie vir hom. Hy vertel my elke detail...hy het haar van dag 1 af gehelp...eers bankrekening open, toe is hy baie vies vir homself dat hy nie daar was toe sy 'n geleentheid nodig gehad het om iewers heen geneem te word. Nou het sy....hierdie dvd...(wat haar gunsteling is!) by hom gaan kyk...hulle bly altwee op die terrein van 'n privaat skool hier in Engeland...doen diens in 'n koshuis ook....gisteraand het sy weer in sy woonstel na 'n dvd gekyk wat SY gunsteling is...so word ek op datum gehou....en die "vordering" wat gemaak word. Hulle gee nie dieselfde vakke by die skool nie en sien mekaar dus byna glad nie by die skool nie, groot skool en dis Primer en Sekondere skool saam op een terrein. Nogal 'n indrukwekkende groot skool, hy het my die website gegee en ek het bietjie gaan loer na die skool so op die internet. Sy vorige meisie was ook van SA, maar sy is terug en hom so te se gelos ook. Hy was verskriklik opgewonde voor die vakansie toe hy vir my vertel dat daar 'n SA meisie gaan kom skoolhou en dat hy haar ontmoet het. So af en toe sal hy my 'n Afrikaanse woord vra as hy vir haar iets wil se....dis nogal pret...

2 comments: