30 Aug 2007

Meer Afrikaans.... Afrikaans continues

Die weer vandag is sommer nou weer die gewone Britse weer...bewolk...sommer 'n dik wolklaag. Weg is die heerlike sonskyn van die afgelope 3 dae. Hierdie somer is die weer baie snaaks. Verlede jaar het ons behoorlik uitgekook op sommige dae, regte Durban weer as dit so warm is. Baie vogtig en "sticky". Maar ek verkies die koeler weer, selfs in Suid-Afrika was ek versot op die reenerige dae...dan het ek meer energie. O ja! Ek het vandag ook my brief van Brunel gekry waarin hulle amptelik my verwelkom vir die volgende 9 maande se studie. Dit is om in IT...ons noem dit in die skole hier...ICT....te studeer. Dit klink nou baie geleerd, maar eintlik is dit nie. Dit is 'n PGCE...verdere studie. Ek het nie 'n eerste graad in ICT nie, maar al my ondervinding en "bewyse" wat ek voorgele het, het die dosent oortuig dat ek genoeg weet en genoeg praktiese ondervinding het om dit te doen. By die skool waar ek skoolgehou het, het hulle my as die "boffin" beskou en dit is eintlik maar net 'n goeie kennis van Office wat ek het, wat "hulle" veronderstel is om te he! Ek het ook vroeer die jaar 'n animasie-kursus gedoen wat baie pret was en ek het met my klas begin werk aan 'n projekkie wat hulle nogal geniet het, net jammer ons kon hom net 80% voltooi, toe's die jaar verby!

Ek skryf oor die skole/skoolhouery soos dit in my gedagtes opkom, dus, dit mag dalk bietjie deurmekaar wees, lees dit soos dit kom! Lees ook asseblief alle deeltekens en kappies in, ek probeer die Alt136/137 funksie, maar dit werk nie hier op my rekenaar nie...ek het Windows Vista en Office 2007, ek weet nie of dit die probleem is nie.

Gesondheid en Veiligheid
Die Britte is baie gesteld op hul "Gesondheid en Veiligheid" -wette en reels...As jy met 'n groep kinders op 'n uitstappie gaan, moet daar een volwassene per 10 kinders wees. Een van die volwassenes moet 'n Onderwyser ook wees, altyd. Hulle redeneer dat die Onnie die verantwoordelikheid neem in enige besluite wat gedoen moet word en jy is in beheer en jy is "opgelei" om in beheer te wees, dus, indien iets fout gaan, kan die blaam nie op die ander geplaas word nie. Die ander volwassenes is gewoonlik klasassistente.

Klasassistente
Dis nou 'n luukse hier in Engeland! Klasassistente! Eish....as ek die woord kan gebruik...as ons onnies in SA tog net ook so iets kon he! Die klasassistent het nie 'n graad nodig nie, hulle moet ten minste GCSE's he in Wiskunde en Wetenskap om een te kan wees...ja, sommige kinders slaag nie daardie vakke nie! Of hulle kry 'n F of 'n G en die vereiste is ten minste 'n C. Die klasassistent doen alles wat jy vir haar/hom vra. Gewoonlik is hulle vroulik, maar ek het al in skole afgelos waar daar mans is, dit is baie keer ouens wat soort van studeer en dan ook dit doen en die hoofde kry ook soms mans in skole waar hulle voel dat mans gaan saam met die Onderwyser die kinders kan beheer en hul gedrag help verbeter. Ek moet se, dat ek het slegs in een skool 'n man gekry as klasassistent. Klasassitente help ook kinders in groepe, jy as Onderwyser bespreek gewoonlik vooraf die les met die Klasassistent sodat sy presies weet wat jy gaan doen en waar jy wil he sy moet wees gedurende die sessie en wie sy moet help of watter groep sy moet help. In jou beplanning neem my haar in ag en dui jy ook aan waar sy elke dag gaan wees...bedoelende die groep wat sy gaan ondersteun. Soms het ek selfs haar na die Biblioteek gestuur (wat reg langs my was...later meer oor biblioteke hier!) om met 'n klein groepie in stilte te gaan sit en werk, dan is hulle meer gefokus. Klasassitente mag nooit alleen in die klas gelaat word met die kinders nie, hulle is nie Onnies nie.

Mis
Ek mis die heerlike gekuier van ons SA Onnies in die personeelkamer geweldig. Die mense hier weet nie hoe om te kuier nie. Tydens pouse en etenstyd is die personeelkamer verskriklik besig, maar meestal met klasassitente en allerhande ander personeel wat ook daar is en in-en-uit kom en gaan. Veral tydens pouse, daar sal die enkeles kom wat 'n geselsie maak en 'n grap of twee deel, maar ek is gewoond aan regtig kuier, soos 'n Suid-Afrikaner kan kuier! Groot gesels en grappe dat die trane rol! Die Britte is seker 'n bietjie "gereserveerd", dit weet ons almal, maar skool is skool en dis jou werkplek en jy wil tog gesels!

Skaak en sport
Ek was vreeslik terleurgesteld toe ons hier kom en ek besef dat in London se skole nie juis veel aangaan wat skaak aanbetref nie. Wel, dinge werk bietjie anders, maar nogtans. Nigel Short is die Britte se "groot meneer". Jy kom in skole en daar is hier en daar 'n skaakstel as jy vra of daar is stelle, maar van die stukke is weg. Ek het al by twee skole skaakklubs begin en die kinders wil dit baie graag speel. Sport in die skole hier is 'n groot grap. Daarby bedoel ek nou die sportdae wat die skool self reel! Dit is meer 'n boeresport! Dis 'n belewenis! Want...."health and safety" is die probleem.... Die kinders word blootgestel deur groepe mense wat van buite inkom en werksessies met hulle doen....ook as die skool besluit hulle wil sulke ouens betaal om dit te doen!! Dit gebeur nie in elke skool nie. My klas het die afgelope jaar 'n bietjie atletiek gedoen en later bietjie krieket. Die atletiek was 'n grap...jy sal dit nooit in SA so kry nie, ouers en onnies sal regtig in die gesit gevat voel as hulle kinders aan 'n Atletiek-werksessie deelneem en dit is wat my klas deurgegaan het, totaal 'n grap. Dis meer vir kleuters van 5 en my klas was kinders van 10/11, 'n gemengde klas.

Gemengde klas
In sekere skole is daar nie genoeg kinders van dieselfde ouderdomsgroep om nog 'n soliede klas op te maak nie, daarom kry jy dan gemengde klasse. Hulle plaas gewoonlik die sterker kinders van die een groep met die ouer groep kinders. Skole wat dit doen, volg 'n JaarA en JaarB kurrikulum. In Jaar A dek hulle die een jaargroep se werk en JaarB die ander jaargroep. Die kinders mis dan nie regtig uit op wat hulle veronderstel was om te leer nie.

Later meer....!
Terloops...op my blog is daar links waar daar foto's is van wat my kinders gedoen het...HMS Belfast is bv een projek. Daar is kuns. As jy in die "search" boks bo-aan die bladsy sleutelwoorde intik soos: primary, art, school, education, teaching, HMS Belfast.....behoort jy dit te kry!

No comments:

Post a Comment