20 Sept 2007

National BBQ day for SA


Dís die goue reëls vir wanneer jou vleis oor die kole sis

Sep 19 2007 10:24:45:733PM - (SA)

Waar daar 'n rokie is . . . is daar vleis op die kole. Die Egoli-akteurs Michelle Beling (Candy), Michelle Pienaar (Audrey) en Marlon Roelfze (Shaun) loer of die hitte nét reg is vir hul vleisbraai-vuur. Die akteurs vier in Maandag se episode nasionale braaidag saam met die res van die land.

1. Die braaier mag braai waarvan hy hou en hoe hy daarvan hou.

2. Dit is onwettig om in ’n ander persoon se braai te krap of in te meng. Dit sluit in die rondstamp en omkrap van kole, toetsvingers in marinades of die onregmatige draai van roosters wanneer die braaier nie kyk nie.

3. ’n Verbruiker van braaivleis het die reg om seker te wees van ’n skoon rooster in die braaiproses. Enige reste van dooie diere, klonte van marinades en gefossileerde as moet asseblief verwyder word voordat die braaiproses begin.

4.Dit is toelaatbaar om hoender vooraf te kook, aangesien die organiseerders van nasionale braaidag voorstanders daarvan is dat elke individu die reg het om teen salmonella beskerm te word.

5. Vis en vleis moet asseblief op aparte roosters gebraai word, behalwe in gevalle waar die rooster sorgvuldig tussen die braaiprosesse gewas word.

6. Braaiers wat beskermende handskoene dra, moet liefs nie getart, geteister of gespot word nie.

7. Gasbraai is slegs vir woonstelbewoners.
Om te braai, is om te lewe.
Bron: Kliek die link Beeld in SA.
24th September is National BQQ day in South Africa!
These are "golden rules" when having a BBQ on the 24th!

No comments:

Post a Comment