26 Sept 2007

Osterley Park 2

My topic is "green". Green is the colour that changes into different colours! During Autumn, it is amazing to see all the changes....if you look closely, you will see the seed of the Horse Chestnut on this tree...
Here it is, but it has changed! And it has dropped down....ready for another cycle?
The English call this a "concker" and earlier, they played games with the conkers and children knew how to keep themself busy with it!



In the corner of the garden, green, but with an invader....
Once again, beautiful green! Some children in London say that they hate green as a colour, because there is so much green in the country! .....never thought someone will say that...
.....more green......
And.....there's the invader...he thought I would never see him, I think he was ready to jump....wonder how fast that would be...

2 comments:

  1. Anonymous26.9.07

    Hallo!
    Elizabeth hier. Jammer ons het op die verkeerde voet weggespring - ek wou net vir my niggie opkom.

    Ek stem saam met jou oor die feit dat baie Afrikaners nog altyd goed oor die weg gekom het met almal in die land.

    Toe Tala haar opinie gelig het was sy net dertien. Haar pa het geweier om by die weermag aan te sluit (‘n goeie voorbeeld van Afrikaners wat wel baie goed met ander oor die weg gekom het) en jy kan jou voorstel wat die veiligheidspolisie daarvan gemaak het. Later het hy as vertaler by die WVK opgetree, iets wat hom emosioneel feitlik geknak het. Om baie redes, maar deels ook om daaroor te kom, het hy besluit om in Kanada verder te gaan studeer. Hulle is ‘n diep filosofiese gesin en ek dink Tala het op daardie stadium twee en twee bymekaar gesit en vyf gekry.

    Ek is ‘n oud-Bloemfonteiner en oud-Voortrekker, my ma het haar doktorsgraad oor die ou Vrystaatse Republiek gedoen – dus verstaan ek hoe jy oor Afrikaners voel. Dis net hartseer dat baie van ons voorouers op ander moes trap terwyl hulle vir hulle plekkie in die son geveg het. Ek probeer om my swart vriende en my Afrikanervriende so ‘n kykie in mekaar se lewens te gee, want ek glo die grootste struikelblok op die oomblik is vrees vir mekaar en vir die onbekende. Dit voel soms of ek in die Berlynse muur vashardloop, maar dié he darem ook geval. Hierdie muur sal ook nie voor God staande bly nie. Ons kan net bid, liefhê en aanhoudend mekaar vergewe.

    Dit was goed om jou te leer ken.

    ReplyDelete
  2. hi Elizabeth..dankie vir jou kommentaar hier. Dit was in elk geval nie nodig om negatief van die Afrikaner te praat nie. Ons het die Engelse gedurende die oorlog BAIE beter behandel as hulle vir ons, dit het ek op Engelse/Australiese websites gelees wat gaan oor die oorlog, doen bietjie jou eie navorsing ook. As Afrikaner glo ek dat elke man wat by die weermag aangesluit het - of diensplig MOES doen - dit gedoen het omdat hulle dit vir 'n goeie doel gedoen het. En hulle het geglo hulle doen dit vir 'n goeie doel, baie was mislei en nie regtig geweet waaroor dit gaan nie, dus, kan jy geen man wat "sy deel vir volk-en-vaderland (selfs vir jou) " gedoen het, blameer en se hulle is "sleg"... en dis nie te se dat die wat aangesluit het, NIE oor die weg gekom het met ander nie! Ek ken honderde van hulle, my man is selfs 'n voorbeeld, hy is 'n diep gelowige, toegewyde Christen, wat MEER vir swartmense gedoen het as die meeste mense wat ek ken....selfs meer as Tala se pa wat Kanada toe is, hy het sy geleenthede "gemis" deur soontoe te gaan, hy kon in SA meer vir hulle gedoen het, maar ek stel nie belang om oor sy situasie uit te brei nie. Die feit is, ons as nasie is SLEG gemaak op haar site deur jou! wat 'n skande en wat 'n jammerte!! Dan, jy as Afrikaner, se dit en kom op vir die ander party...nog erger! Lees my link van "great grandpa" en jy sal nog meer verstaan waarom ek nou regtig stoom afblaas. Jy sal nie Afrikanerskap uit jou bloed kry nie, al is jy waar...dus, selfs in Kanada...sal daardie bloed deur hul are vloei... en glo ek dat daardie kinders meer positief gelei moet word oor wat hulle voorgeslagte regtig deurgegaan het, hulle het geen idee! Ons is nie gevra om in SA geplaas te word nie, ons voorgeslagate kom van verskillende lande, my oupa van Holland...dus, ons ou volkie het hard baklei en swaar gekry om iewers te kom en word steeds onderdruk...van alle kante! en nou...is almal versprei...nog 'n groter jammerte!

    ReplyDelete