16 Sept 2007

Steve Hofmeyr in America

Steve Hofmeyr - Beautiful Noise

Click on the GREEN link for... ---..STEVE's BLOG

Today...my heart is in South Africa!

Vandag is sommer net een van daardie dae wat ek Suid-Afrika mis! En dan maak dit die verlange nog groter as jy na Steve luister! Ai, hierdie man het darem 'n stem aan hom en 'n manier van dinge doen wat 'n mens se hart warm laat klop vir Suid-Afrika. Ons het hom in 2006 hier in London gesien sing in die Palladium en dit was 'n fantastiese optrede gewees. Ons het ook daar ander SA's ontmoet met wie ons nou groot vriende is. Ek wens ek kon 'n video kry van daardie aand se optrede. Nadat ek BiB se brief op sy blog gelees het wat hy aan Stefan geskryf het, Stefan wat nie meer daar is nie, het hy my baie bewoe gehad! 'n Mens se hart is maar altyd in Suid-Afrika, al is jy waar in die wereld, jy sal ALTYD 'n Suid-Afrikaner bly...murg en been... dit is IN jou, niks of niemand kan dit uit jou kry nie, wat hulle ook al se of doen. Dit is net jammer dat sekere dinge 'n mens wegdryf en jy nie eens jou eie land kan geniet soos jy wil nie, dat jy nie vry kan wees en voel daar is 'n toekoms vir jou kinders nie. Jy voel jammer vir jou kinders, want jy wens hulle kon daar grootword, jy wens hulle kon deel wees van die kultuur. Alhoewel jy in die vreemde jou taal praat en vir hulle vertel van die dinge, is dit anders, hulle beleef dit nie soos hulle dit sou beleef het nie. Miskien eendag, ons hoop almal en glo dat dinge positief sal uitwerk vir almal, almal in die vreemde sowel as almal daar. Niemand in die vreemde wil dit regtig he soos dit is nie, elke mens besluit vir homself op daardie oomblik wat is goed en jy dink aan jou kinders. Jy dink aan die toekoms. Jy dink aan alles! Hiermee wil ek nie se dat mense wat daar in SA is, dink nie soos ons nie. Nee, glad nie. Ons het die geleentheid gehad om te kom, baie mense wil, maar het nie die geleentheid nie. Mens wil graag he dat almal wat wil , die geleentheid moet he. Ek sal graag my hele familie hier wil he. Al wat jy in die vreemde kan doen is om jou kinders positief te hou teenoor Suid-Afrika sodat hulle eendag daarheen sal wil terugkeer. Ek praat later weer.

The story of my life....Steve sings ND again...


Steve Hofmeyr - The Story Of My Life

Click on the GREEN link for... ---..STEVE's BLOG

1 comment: