22 Sept 2007

Osterley Park





WOW! I think this is my best picture of today!!




And I think I'm slowly getting the hang of my camera...













Osterley Park is so tien minute se vinnig stap van ons af waar ons bly. Dis 'n lieflik groot park. Dis baie besig gedurende naweke, mense kom hou graag piekniek in die park, stap sommer net rond of ry fiets...daar is verskillende paadjies, maar ongelukkig is van hulle nou toegemaak en moet jy betaal om daar te ry met jou fiets of om te stap. Wat 'n jammerte! Dis so pragtig om daar rond te ry, nou is ons baie beperk met die beweging van ons fietse. Ek dink hulle wil op 'n manier fondse insamel. Die "huis" wat op die foto gesien word, is 'n historiese gebou en soms word daar kuns uitgestal. Ons was self nog nie daar binne nie. Een Sondag was daar 'n troue op die grasperk voor die gebou. Asiese troue en dit het baie indrukwekkend gelyk, ek dink net dis baie onpersoonlik met al die ander mense wat oral op die gras rondsit of rondloop. Die ander gebou is 'n winkeltjie - die een met die klok - en daar kan jy sit en iets bestel, lekker skons met room, ens. en hulle verkoop ook allerhande tradisionele goed, soos konfyt wat self gemaak is.....ens. 'n Ander pragtige park, omtrent 15 min per motor, is Richmond Park. 'n Verskriklike groot park, pragtig bokke en uitgestrekte dele vir stap/ry/fietsry/piekniek en selfs perdry! Ek eksperimenteer bietjie met die kamera wat ek het - hy is iewers op my blog - en daarom sit ek van tyd tot tyd foto's, ek wil graag beter "close-ups" neem, maar met die kamera van my, is dit 'n kuns...af ek is maar bietjie dom met die ding! "Practise makes perfect", soos hulle se, so dit sal seker nog tyd neem voordat alles perfek is!

4 comments:

  1. a budding photograher, eh?

    ReplyDelete
  2. Anonymous23.9.07

    One of your images is a close-up of yellow-orange berries or fruit. The two strands of grass entering from the left and arcing lazily through the image bring the viewer into the photo. The gentle angle of the two strands keeps the attention inside the image while creating a mood of tranquility.

    Barry

    ReplyDelete
  3. Thanks for the comments!

    ReplyDelete